Abstract Advertising copy writers and journalists deserve recognition for the innovative and creative way they use Afrikaans and English in advertising and reportage. An analysis of collected data clearly showed that these texts encompass much more than artistic and intellectual inventive language. More often these word-formations in the media breach standard word-formation norms in a creative way. From a linguistic perspective, the mental and linguistic lexicons consist of simplex and complex words, the latter formed morphologically by means of inflection, deriviation and compounding and combinations of the former. These lexical sets conform to canonical patterns and their operational parameters. These parameters of the canon restrict the kinds of morphemes and words that can appear in the lexicon of the language, which means that the productive patterns of word-formation are rule-governed. A taxonomy of the norm-breaching patterns and systems will be proposed which will make it possible to describe the renewal of the vocabulary in terms of rule-changing creativity against the background of rule-governed productivity. The objective of this article is to distinguish linguistically among concepts in the linguistic lexicon, neologisms and occasional creations. What kinds of information are then needed when we comprehend a (new) word? It is evident that implicit knowledge of all the sub fields of linguistics, namely phonological, morphological, syntactic, semantic and pragmatic information, is needed. Advertensiekopieskrywers en joernaliste verdien erkenning vir die innoverende en kreatiewe wyse waarop hulle Afrikaans en Engels as reklametaal en verslagtaal gebruik. 'n Analise van die versamelde data het getoon dat die innovasies veel meer behels as artistieke en intellektueel vindingryke taalgebruik binne die norme van die standaardtaal, aangesien woordvorming in die media dikwels normwysigend is t.o.v. die kanonieke leksikon. Vanuit 'n taalwetenskaplike perspektief bestaan die mentale en linguistiese leksikons uit simplekse en morfologies gelede woorde. Laasgenoemde is gevorm deur fleksiemorfeme, afleiding en samestelling en kombinasies daarvan. Hierdie versameling woorde is geskep volgens die kanonieke patrone en hulle operasionele parameters. Die parameters beperk die tipe morfeme en woorde wat in die leksikon van die taal kan voorkom, aangesien produktiewe woordboupatrone reëlgehoorsaam is. Met hierdie beskrywing as uitgangspunt sal voorts daaraan aandag gegee word om 'n taksonomie van die normwysigende geledingsreëls in die media te gee wat 'n vergelyking tussen reëlgehoorsame produktiwiteit en reëlwysigende kreatiwiteit moontlik maak. Die artikel het dan ook ten doel om linguisties te onderskei tussen die begrippe linguistiese leksikon, nuutskeppings en geleentheidskeppings. Watter tipe inligting is dus nodig wanneer ons 'n (nuwe) woord begryp? Dit blyk uit die data-analise dat implisiete kennis van die verskillende subdissiplines van die Linguistiek onderliggend is aan ons begrip van veral nuwe woorde. Dit sluit o.a. fonologiese, morfologiese, sintaktiese, semantiese en pragmatiese inligting in.